Erika, VSA

Erika, VSA

Ek was vir meer as 10 jaar aan dwelms verslaaf en het alles verloor. Ek het selfs doelbewus probeer om 'n oordosis te neem omdat ek gevoel het ek het niks om voor te lewe nie. As gevolg van my woede en bitterheid, wou ek niks oor God hoor nie. Ek was verlore en alleen en het nie geweet hoe om my lewe reg te maak nie. Wat ek op daardie stadium nog nie besef het nie, was dat dit nie was hoé om my lewe reg te maak nie — dit was Wié dit kon regmaak.

Die afgelope twee jaar sien ek 'n verandering in myself waarvoor ek slegs vir Jesus erkenning kan gee. Met behulp van die Vers-van-die-dag, Begeleide Skrif en Leesplanne, vind ek vreugde daarin om nader aan God te groei en my grondslag in Hom te versterk. Ek ontvang die kennisgewings vir die Vers-van-die-dag en dit herinner my om elke oggend my Bybel te lees. Wanneer ek my lewe in oënskou neem, besef ek dat Hy heeltyd by my was en net gewag het dat ek Hom inlaat.