Omri, Filippyne

Omri, Filippyne

Voordat ek die Bybeltoep afgelaai het, het ek geen vaste roetine gehad waarvolgens ek Bybel gelees het nie. Ek het net hier en daar na preke geluister en nie gevoel dat my verhouding met God ontwikkel nie. Met behulp van die Bybeltoep, het ek nou toegang tot verskillende weergawes van die Bybel. Die klankfunksie het dit vir my moontlik gemaak om die Bybel twee keer in een jaar te voltooi. Die beskikbare leesplanne het my ook laat besef dat daar 'n verskil is tussen Bybelstudie en om net Bybel te lees. Leesplanne help my om my Bybelstudiegewoontes te ontwikkel, en ek kan dit wat ek leer, met ander mense deel. Die beskikbare leesplanne het my gehelp om 'n gereelde Bybelstudiegewoonte te ontwikkel. Ek is tans besig om vir 'n periode van ses maande deur die hele Bybel te werk. Ek gebruik ook leesplanne wat my help om my besigheid op 'n Godvresende wyse te bestuur. Ek is tans ook besig met 'n leesplan wat oor Godvresende ouerskap handel, asook 'n leesplan oor hoe om 'n Godvresende eggenoot te wees. Die Bybeltoep het dit vir my moontlik gemaak om die Bybel op alle terreine van my lewe toe te pas.