1
Numeri 20:12
Die Bybel 2020-vertaling
Maar die HERE het vir Moses en Aäron gesê: “Omdat julle nie vertroue in My gestel het om My heiligheid voor die oë van die Israeliete te erken nie, daarom sal julle hierdie geloofsgemeenskap nie in die land inneem wat Ek vir hulle gegee het nie.”
Vergelyk
Verken Numeri 20:12
2
Numeri 20:8
“Neem die staf en maak die volksvergadering bymekaar, jy en jou broer Aäron. Dan moet julle voor hulle oë met die rots praat; die rots sal sy water gee. Jy moet vir hulle water uit die rots laat kom en die volksvergadering en hulle vee laat drink.”
Verken Numeri 20:8
3
Numeri 20:11
Moses het sy hand gelig en die rots twee keer met sy staf geslaan. Toe kom daar baie water uit, sodat die volksvergadering en hulle vee kon drink.
Verken Numeri 20:11
4
Numeri 20:10
Toe het Moses en Aäron die geloofsgemeenskap voor die rots bymekaar laat kom, en vir hulle gesê: “Luister nou, opstandiges! Moet ons uit hierdie rots vir julle water laat kom?”
Verken Numeri 20:10
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's