1
Numeri 21:8
Die Bybel 2020-vertaling
Die HERE het vir Moses gesê: “Maak vir jou 'n slang en sit dit op 'n paal, dan sal elkeen wat gepik is en daarna kyk, bly leef.”
Vergelyk
Verken Numeri 21:8
2
Numeri 21:9
Moses het toe 'n koperslang gemaak en dit op 'n paal gesit. Wanneer 'n slang iemand pik, en hy kyk na die koperslang, het hy bly leef.
Verken Numeri 21:9
3
Numeri 21:5
Die volk het teen God en teen Moses uitgevaar: “Waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om in die woestyn te sterf? Want daar is geen brood of water nie, en ons walg van die ellendige kos.”
Verken Numeri 21:5
4
Numeri 21:6
Die HERE het toe giftige slange onder die volk ingestuur en hulle het die volk gepik. Baie mense van die volk Israel het gesterf.
Verken Numeri 21:6
5
Numeri 21:7
Die volk het na Moses gekom en gesê: “Ons het gesondig, want ons het teen die HERE en teen jou uitgevaar. Bid tot die HERE dat Hy die slange van ons af wegneem.” Moses het toe vir die volk gebid.
Verken Numeri 21:7
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's