1 KORINTIËRS 10:23-31

1 KORINTIËRS 10:23-31 NLV

Julle sê: “Alles is ons geoorloof.” Ja, maar nie alles is tot voordeel nie. Alles is inderdaad geoorloof, maar nie alles is opbouend vir almal nie. Moenie op julle eie belange ingestel wees nie, maar wees ingestel op wat vir ander die beste is. Handel dan soos volg. Eet alles wat in die slaghuis verkoop word. Moenie vra of daarvan aan die afgode geoffer was of nie sodat julle gewete nie belas word nie. Want “die aarde en al sy volheid behoort aan die Here”. As ’n ongelowige julle vir ’n ete nooi en julle besluit om te gaan, eet dan alles wat aan julle voorgesit word sonder om enige vrae daaroor te vra. Moet dit dan nie vir julle gewete moeilik maak nie. Maar veronderstel iemand sê vir julle dat die vleis vir ’n afgod geoffer was, moet dit dan nie eet nie uit bedagsaamheid teenoor die een wat dit vir julle vertel het en ter wille van die gewete – ek bedoel nie julle eie gewete nie, maar die ander persoon s’n. Moet my vryheid dan ingeperk word deur iemand anders se gewetensbesware? As ek God kan dank vir die kos en dit geniet, is dit dan reg dat ek daarvoor veroordeel word? Wat julle ook al eet of drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 KORINTIËRS 10:23-31