DANIËL 2:19-23

DANIËL 2:19-23 NLV

Die oplossing van die geheim is in ’n gesig in die nag vir Daniël gegee. Daniël het toe die God van die hemel geloof en gesê: “Loof die Naam van God vir altyd, ja, altyd; aan Hom behoort wysheid en krag; Hy bepaal die gang van wêreldgebeure. Hy sit konings af en stel konings aan; Hy gee wysheid vir dié wat wys is en kennis vir dié wat insig het; Hy openbaar geheime wat diep en weggesteek is; Hy weet wat in die donker gebeur; by Hom is die lig. Ek loof en prys U, God van my voorouers. U het my wysheid en krag gegee; U het my ingelig oor wat ons van U gevra het; U het aan my openbaar wat die koning gevra het.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor DANIËL 2:19-23