1 Korintiërs 4:1-5

1 Korintiërs 4:1-5 ABA

Julle moet onthou: Ons bring die goeie boodskap, ons is mense wat vir Christus werk. Ons verduidelik vir julle die dinge van God, niemand het iets geweet van daardie dinge nie. Iemand wat hierdie werk doen, moet altyd doen wat hy moet doen. Maar dit is nie vir my belangrik of ménse miskien sal dink dat ek nie altyd doen wat ek moet doen nie. Dit maak nie saak of daardie mense júlle is of 'n regter nie. Ek sal ook nie self besluit of ek reg gedoen het nie. Ek kan nie onthou dat ek 'n fout gemaak het nie, maar dit is die Here wat sal sê of ek skuldig is of nie skuldig is nie. Daarom moet julle nie oordeel voor dit die regte tyd is nie. Wag eers totdat die Here kom. Hy sal die dinge wat niemand nou weet nie, vir almal vertel. Hy sal sê wat elkeen in sy hart dink. En dan sal God elkeen prys.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Korintiërs 4:1-5