Deuteronomium 6:10-12

Deuteronomium 6:10-12 ABA

“Julle God die Here sal julle bring na die land wat Hy belowe het vir julle voorvaders, Hy het dit belowe vir Abraham, Isak en Jakob. Hy sal vir julle groot en mooi stede gee wat julle nie gebou het nie. Hy sal vir julle ook huise vol goed gee wat julle nie bymekaargemaak het nie, watergate wat julle nie self uit die klip gekap het nie, wingerde en olyfbome wat julle nie geplant het nie. Wanneer julle genoeg het van alles, dan moet julle versigtig wees dat julle nie die Here vergeet nie. Julle was slawe in die land Egipte, maar die Here het julle uit Egipte gebring.