1 Korinthiërs 4:1-5

1 Korinthiërs 4:1-5 AFR20

Só moet mense ons beskou: as diensknegte van •Christus en as bedienaars van die verborgenhede van God. Boonop word van sulke bedienaars verwag dat elkeen van hulle getrou bevind sal word. Vir my is dit nie 'n belangrike saak of ek deur julle of deur enige menslike regbank beoordeel word nie; trouens, ek beoordeel nie eers myself nie. Ek is nie bewus van enigiets teen my nie, maar dit beteken nie dat ek regverdig is nie. Hy wat my beoordeel, is die Here. Gevolglik moet julle nie reeds oordeel voordat die Here kom nie. Hy sal die verborge dinge van die duisternis aan die lig bring en die bedoelings van die hart blootlê. Dan sal elkeen afsonderlik van God lof ontvang.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Korinthiërs 4:1-5