Daniël 1:3-7

Daniël 1:3-7 AFR20

Die koning het Aspenas, die rabsaries, toe aangesê om uit die Israeliete, uit die koninklike familie en die vernames, jong seuns te bring aan wie daar nie enige liggaamsgebrek is nie, wat 'n goeie voorkoms het, wat insig in alle soorte wysheid het, wat oor kennis en goeie oordeelsvermoë beskik, en wat in staat is om in die paleis van die koning te dien, en in die skrif en taal van die Galdeërs onderrig te word. Vir hulle het die koning, volgens die vereistes van elke dag, van die koning se kos en van die wyn wat hy gedrink het, voorgeskryf, sodat hulle vir drie jaar lank opgevoed kon word om aan die einde daarvan in diens van die koning te kan staan. Onder hulle was daar van die Judeërs – Daniël, Gananja, Misael en Asarja. Maar die toesighouer oor die paleisamptenare, het hulle name vervang: Daniël het hy Beltsasar, Gananja het hy Sadrag, Misael het hy Mesag, en Asarja het hy Abednego genoem.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Daniël 1:3-7