Deuteronomium 6:10-12

Deuteronomium 6:10-12 AFR20

“ Wanneer die HERE jou God jou inbring in die land wat Hy aan jou voorvaders, aan Abraham, Isak en Jakob, met 'n eed beloof het om vir jou te gee – groot en mooi stede wat jy nie gebou het nie, huise vol met alles wat goed is, wat jy nie gevul het nie, uitgekapte opgaarputte wat jy nie uitgekap het nie, wingerde en olyfboorde wat jy nie geplant het nie, en jy dan eet en versadig word, moet jy oppas dat jy nie die HERE vergeet wat jou uit Egipteland, uit 'n plek van slawerny, uitgelei het nie.