Eksodus 31:2-5

Eksodus 31:2-5 AFR20

“ Kyk, Ek het Besaleël, seun van Uri, seun van Gur, van die stam van Juda, by die naam geroep. Ek het hom met die Gees van God vervul – met wysheid, insig en kennis, en met al die nodige vakmanskap, om vindingryke planne te beraam vir die werk met goud, silwer en brons, en vir die bewerking van edelstene vir monterings, en die bewerking van hout, om dit te doen met al die nodige vakmanskap.