Hulle hoor toe die geluid van die HERE God wat in die tuin rondstap in die middagkoelte. Die mens en sy vrou het vir die HERE God weggekruip tussen die bome van die tuin. Die HERE God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?” Hy het geantwoord: “Ek het U in die tuin hoor beweeg, en ek was bang, want ek is naak; toe het ek weggekruip.” Hy vra toe: “Wie het vir jou vertel dat jy naak is? Het jy van die boom geëet waaroor Ek jou beveel het dat jy nie daarvan mag eet nie?” Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U gegee het om aan my sy te wees, sy is die een wat vir my van die boom gegee het, en ek het geëet.” Die HERE God vra toe vir die vrou: “Wat het jy nou gedoen?” Die vrou het geantwoord: “Die slang het my bedrieg, en ek het geëet.” Toe sê die HERE God vir die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die mak diere en al die diere van die veld; op jou pens sal jy seil, en stof sal jy eet, solank jy leef. Vyandskap sal Ek tussen jou en die vrou stel, en tussen jou nageslag en haar nageslag. Hy sal jou kop aanval, en jy sal sy hakskeen aanval.” Vir die vrou het Hy gesê: “Ek sal jou swaarkry met jou swangerskap baie erger maak; met pyn sal jy kinders in die wêreld bring. Na jou man sal jou begeerte wees, maar hy sal oor jou heers.” Vir die mens het Hy gesê: “Omdat jy geluister het na jou vrou se stem, en geëet het van die boom waarvan Ek jou beveel het, ‘Jy mag nie daarvan eet nie!’ is die grond deur jou toedoen vervloek. Met swaarkry sal jy daarvan eet, solank jy leef; dorings en dissels sal dit vir jou laat uitspruit, en jy sal veldplante eet. Met sweet aan jou gesig sal jy brood eet, totdat jy terugkeer na die grond; want daaruit is jy geneem – ja, stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.” Die mens het sy vrou “Eva” genoem, want sy is die een wat die moeder geword het van almal wat lewe. Die HERE God het daarna vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en dit vir hulle aangetrek. Toe sê die HERE God: “Kyk, die mens het soos een van Ons geword deur goed en kwaad te ken. Nou moet hy net nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en vir altyd bly lewe nie. ” Die HERE God het hom toe weggestuur uit die tuin van Eden om die grond waaruit hy geneem is, te gaan bewerk. Hy het die mens uitgedryf en aan die oostekant van die tuin van Eden gerubs laat woon, met 'n flikkerende swaard wat heen en weer beweeg, om die pad na die boom van die lewe te bewaak.
Lees Genesis 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 3:8-24
6 dae
Sonde word slegs deur die bloed van Jesus afgewas. Hierdie leesplan sal jou help om te verstaan wat die gevolge van sonde is, wat om te doen as jy jou sonde bely en nie vergifnis beleef nie, hoe jy seker kan wees dat jou God jou sonde vergewe het en wat Jesus as sonde beskou.
8 Dae
Hoe het dit alles begin? Waar kom ons vandaan? Hoekom is daar soveel ellende in die wêreld? Is daar enige hoop? Is daar lewe na die dood? Vind die antwoorde terwyl u hierdie ware geskiedenis van die wêreld lees.
10 Days
Does God still speak to us today? And if so, how can we distinguish His voice from the deceptions and distortions of the enemy? Join Dr. Charles Stanley as he helps you identify the voice of God, listening actively for His guidance and separating truth from false messages intended to deceive. Discover your key role in the practice of prayer and listening to the voice of God.
21 dae
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's