Psalms 37:1-5

Psalms 37:1-5 AFR20

Van Dawid. Moet jou nie ontstel oor die kwaaddoeners nie; moenie afgunstig wees op hulle wat kwaadwillig optree nie, want soos gras verdor hulle vinnig, en soos groen plante verwelk hulle. Vertrou op die HERE en doen die goeie, bewoon die land en waak oor betroubaarheid. Vind jou vreugde in die HERE, dan sal Hy jou gee wat jou hart begeer. Vertrou jou lewenspad aan die HERE toe, vertrou op Hom, en Hy sal optree.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 37:1-5