'n Toegesluite tuin is my suster, my bruid, 'n toegesluite put, 'n verseëlde fontein. Jou bloeisels is 'n boord granate met heerlike vrugte, henna met nardus, nardus en saffraan, kalmoes en kaneel; met elke soort wierookplant, mirre en adelhout; met al die kosbaarste speserye. Jy is 'n fontein vir tuine, 'n put met vars water wat van die Libanon af vloei. Steek op, noordewind, kom, suidewind, waai deur my tuin, laat die geur van sy speserye versprei. Laat my liefste na sy tuin kom en sy heerlike vrugte eet.
Lees Hooglied 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hooglied 4:12-16
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's