Daniël 2:19-23

Daniël 2:19-23 CAB23

Toe is die geheim in 'n naggesig aan Daniël geopenbaar. Dan het Daniël die God van die hemel geseën. Daniël antwoord en sê: Geloofd sy die Naam van God vir ewig en altyd, want wysheid en krag is syne. En Hy verander die tye en geleenthede: Hy sit konings af en stel konings aan; Hy gee wysheid aan die wyse mense en kennis aan die wat verstand ken. Hy openbaar die diep en verborge dinge: Hy weet wat in die duisternis is, en die lig woon by Hom. Ek dank U en prys U, o God van my vaders, wat aan my wysheid en sterkte gegee het en my nou bekend gemaak het wat ons van U begeer het, want U het nou die saak van die koning aan ons bekend gemaak.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Daniël 2:19-23