Jeremia 25:1-3

Jeremia 25:1-3 CAB23

Die woord wat tot Jeremia gekom het oor die hele volk van Juda in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josia, die koning van Juda, dit was die eerste jaar van Nebukadrésar, die koning van Babel; wat die profeet Jeremia aan die hele volk van Juda en al die inwoners van Jerusalem gespreek het en gesê: Van die dertiende jaar van Josia, die seun van Amon, die koning van Juda af, tot vandag toe, dit is die drie en twintigste jaar, het die woord van die HERE tot my gekom, en Ek het met julle gespreek, vroeg opgestaan en gespreek; maar julle het nie geluister nie.