Deuteronomium 6:10-12

Deuteronomium 6:10-12 DB

“Wanneer die Here julle in die land bring wat Hy lank gelede al aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, sal julle in mooi, groot stede woon; stede wat julle nie self gebou het nie. Julle sal in huise vol mooi dinge bly, maar wat julle nie self mooi gemaak het nie. Daar sal ook waterputte wees wat julle nie self uitgekap het nie en wingerde en olyfbome wat julle nie self geplant het nie. In die nuwe land sal daar altyd kos wees. Sorg dus dat jy nooit die Here vergeet nie. Dink altyd aan Hom wat jou uit Egipte waar jy verdruk is, kom wegvat het.