Esegiël 37:7-8

Esegiël 37:7-8 DB

Ek het toe met die bene gepraat, net soos die Here vir my gesê het. Die volgende oomblik, terwyl ek nog praat, was daar ’n groot geraas. Oor die hele vallei het die bene begin raas soos dit teen mekaar gekap en geskuur het. Die bene het elkeen beweeg na die ander bene van dieselfde liggaam. En liggame se bene het só by mekaar uitgekom. Terwyl ek nog kyk, het vleis en spiere gevorm wat om die bene gaan sit het. Toe het vel bo-oor elke liggaam gevorm. Maar al die liggame het leweloos op die grond bly lê.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Esegiël 37:7-8