Hooglied 5:9-16

Hooglied 5:9-16 DB

Mooiste onder die vroue, waarom moet ons hom dit alles vertel? Wat maak hom dan so anders? O, my liefling is anders. Hy is mooier en sterker en beter as 1 000 ander. Sy voorkop blink soos suiwer goud en sy mooi, swart hare krul soos dadeltrosse in sy nek. Sy oë lyk soos twee duiwe by die stroom wat hulleself so pas gewas het. Sy wange is so mooi soos ’n tuin vol lekkerruikspeserye. Sy lippe is soos lelies nat van mirre. Sy hande is soos goudstawe waarin juwele ingelê is. Sy liggaam is soos ivoorpilare wat van al die saffiere gloei. Sy bobene is soos marmerpilare wat op goue voetstukke rus. Hulle is so sterk soos die seders van die Libanon. Sy mond is lekker om te soen. Alles aan hom begeer ek. Vroue van Jerusalem, dit is dan hoe my liefling lyk.