1 PETRUS 3:19-22
1 PETRUS 3:19-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
En so het Hy na die geeste in die gevangenis gegaan en daar sy oorwinning aangekondig. Dit is hulle wat aan God ongehoorsaam gebly het toe Hy groot geduld met hulle aan die dag gelê het in die tyd toe Noag die ark gebou het. Net 'n klein klompie in die ark, ag in getal, is deur die water gered. Dit dui op die doop, waardeur julle ook nou gered word. Die doop is nie 'n afwassing van die vuilheid van die liggaam nie, maar 'n bede tot God om 'n skoon gewete, en dit red julle op grond van die opstanding van Jesus Christus. Hy is nou aan die regterhand van God nadat Hy die engele en magte en kragte aan Hom onderwerp het en die hemel ingegaan het.
1 PETRUS 3:19-22 Bybel vir almal (ABA)
En Christus het ook gegaan na die geeste in die doderyk en Hy het vir hulle die boodskap gebring dat Hy oorwin het. Dit is die geeste van die mense wat voorheen ongehoorsaam was. Dit was in die tyd toe Noag gelewe het, Noag wat die ark gebou het. God het toe geduldig gewag dat hierdie mense moet terugkom na Hom toe. God het net 'n paar mense gered. Die ark het op die water gedryf, só het God hulle gered. Daar was ag mense in die ark. Hierdie water is 'n teken van die doop, God red julle nou met die doop. Die doop was nie ons liggame skoon nie, maar dit red ons omdat God vir Jesus Christus weer laat lewe het. Wanneer ons gedoop word, dan belowe ons vir God dat ons gehoorsaam sal wees aan Hom. Ons weet dat ons nie skuldig is nie. Jesus het na die hemel gegaan. Hy sit daar op die belangrikste plek langs God. God het gesê dat Jesus Christus moet regeer oor al die engele en oor almal en alles wat belangrik wil wees in die wêreld.
1 PETRUS 3:19-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as 'n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as 'n bede tot God om 'n goeie gewete — deur die opstanding van Jesus Christus wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.
1 PETRUS 3:19-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Deur die Gees het Hy ook gegaan en dit vir die geeste in gevangenskap aangekondig. Daardie geeste was destyds ongehoorsaam, toe God in Noag se dae geduldig bly wag het, terwyl die ark gebou is. In die ark is net 'n paar mense, altesaam agt, deur die vloedwaters heen gered. Die doop, wat 'n teenbeeld hiervan is, red ook julle nou. Die doop dien nie as 'n verwydering van die vuilheid van die liggaam nie, maar as 'n smeekgebed tot God om 'n skoon gewete, op grond van die opstanding van Jesus Christus – Hy wat aan die regterhand van God is, nadat Hy die hemel binnegegaan het, en engele, magte en kragte aan Hom onderwerp is.
1 PETRUS 3:19-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daardeur het hy ook gegaan en vir die geeste in die gevangenis gepreek; wat soms ongehoorsaam was, toe die lankmoedigheid van God eens gewag het in die dae van Noag, terwyl die ark 'n voorbereiding was, waarin min, dit is agt siele, deur water gered is. So 'n figuur waarmee selfs die doop ons ook nou red (nie die wegdoening van die vuilheid van die vlees nie, maar die antwoord van 'n goeie gewete teenoor God) deur die opstanding van Jesus Christus. Wat na die hemel opgevaar het en aan die regterhand van God is; engele en owerhede en magte wat aan hom onderwerp word.
1 PETRUS 3:19-22 Die Boodskap (DB)
Deur die Gees is Hy na die geeste toe wat opgesluit is en wag vir die oordeel. Vir hulle het Hy gaan vertel dat Hy gewen het en leef. Weet julle wie is hierdie geeste? Dit is die mense wat lank terug in Noag se tyd geleef het. God was destyds darem baie geduldig met daardie mense. God het hulle ’n unieke kans gegee terwyl Noag sy skip gebou het. Tog wou hulle nie hoor nie. Hulle het maar aangehou om hulle nie aan God te steur nie. Uiteindelik, toe die reën begin uitsak, is daar net ’n handjie vol mense die skip in, agt in totaal. Hulle was toe die enigstes wat uit daardie groot vloed gered is. Hierdie dinge is eintlik vir ons ’n voorbeeld van wat op geestelike gebied by die doop gebeur. Daar skei die paaie van die mense wat gered word en dié wat nie gered word nie. Dit gaan nie oor vuilgoed wat die water van jou liggaam afwas nie. Dit gaan eerder oor dit wat binne-in jou gebeur. Dit gaan daaroor dat jy God opreg vra om alles weg te vat wat jou skuldig laat voel. Dit is moontlik omdat Jesus uit die graf opgestaan het en leef. Hy is na God toe en daar sit Hy op die ereplek direk langs God. Van daar heers Hy oor alles en almal. Selfs die onsigbare magte en die engele staan onder sy gesag.
1 PETRUS 3:19-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Só het Hy na die geeste in die gevangenis gegaan en sy oorwinning daar aangekondig. Hierdie geeste is hulle wat aan God ongehoorsaam gebly het toe Hy baie geduldig met hulle was. Dit het gebeur in die tyd toe Noag die ark gebou het. Net agt mense is uit die verskriklike vloed gered. Die redding in die ark is ’n voorteken van die doop, waardeur julle ook nou gered word. Die doop red julle deur die opstanding van Jesus Christus. Die doop is nie ’n afwassing van die vuilheid van die liggaam nie, maar ’n pleit voor God dat jou gewete skoon bly. Christus hét die hemel binnegegaan. Hy sit nou aan die regterhand van God, met die engele, magte en kragte onder sy beheer.