2 TIMOTEUS 1:4
2 TIMOTEUS 1:4 Bybel vir almal (ABA)
Ek onthou hoe hartseer jy was en ek wil jou graag weer sien, want dan sal ek baie bly wees.
2 TIMOTEUS 1:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
terwyl ek verlang om jou te sien as ek aan jou trane dink, sodat ek met blydskap vervul kan word
2 TIMOTEUS 1:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek onthou jou afskeidstrane en wil jou baie graag weer sien. Dit sal vir my 'n groot vreugde wees.
2 TIMOTEUS 1:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As ek aan jou trane terugdink, verlang ek daarna om jou te sien, sodat ek met blydskap vervul kan word.
2 TIMOTEUS 1:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek verlang baie om jou te sien, gedagtig aan jou trane, sodat ek met blydskap vervul kan word