DEUTERONOMIUM 4:29
DEUTERONOMIUM 4:29 Afrikaans 1983 (AFR83)
As julle die Here julle God dáár aanroep, sal Hy julle gebed verhoor as julle Hom nader in onverdeelde trou.
DEUTERONOMIUM 4:29 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar as jy daarvandaan die HERE jou God soek, sal jy Hom vind as jy Hom met jou hele hart en met jou hele siel soek.
DEUTERONOMIUM 4:29 Die Boodskap (DB)
“Dan sal julle weer na die Here begin verlang. En as julle Hom met alles in julle soek, sal julle Hom vind.
DEUTERONOMIUM 4:29 Bybel vir almal (ABA)
Julle sal daar soek na julle God die Here, en julle sal Hom kry as julle Hom soek met julle hele hart.
DEUTERONOMIUM 4:29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.