ESEGIËL 18:31
ESEGIËL 18:31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Werp al julle oortredings van julle af weg, dit waarmee julle oortree het, en maak vir julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees. Waarom moet julle sterf, huis van Israel?
ESEGIËL 18:31 Die Boodskap (DB)
Hou op om teen My in opstand te wees. Vra My om vir julle ’n nuwe hart en ’n nuwe binneste te gee. Hoekom wil julle op die slegte pad aanhou totdat Ek julle doodmaak?
ESEGIËL 18:31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Plaas al julle opstandigheid agter julle, en kry vir julleself ’n nuwe hart en ’n nuwe gees. Want hoekom wil julle sterf, mense van Israel?
ESEGIËL 18:31 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet ophou om opstandig te wees, julle moet 'n nuwe hart en 'n nuwe gees kry. Mense van Israel, hoekom wil julle sterf?
ESEGIËL 18:31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle af weg en maak vir julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees; want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel?