JOHANNES 12:27-28
JOHANNES 12:27-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Nou is Ek diep ontsteld. En wat moet Ek sê? Moet Ek sê: Vader, red My uit hierdie uur? Maar juis hiervoor het Ek gekom, vir hierdie uur. Vader, verheerlik u Naam!” Toe het daar 'n stem uit die hemel gekom: “Ek het my Naam verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.”
JOHANNES 12:27-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Nou is my siel ontsteld. Wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar Ek het tog juis met die oog op hierdie uur gekom! Vader, verheerlik u Naam!” Daar het toe 'n stem uit die hemel gekom: “Ek het dit verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.”
JOHANNES 12:27-28 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het gesê: “Ek is nou baie bekommerd en ontsteld. Wat moet Ek vir my Vader vra? Moet Ek vir Hom vra dat my tyd van swaarkry nie sal kom nie? Nee, Ek het na die wêreld gekom om swaar te kry.” Jesus het gebid en gesê: “Vader, wys dat U God is!” Toe het God uit die hemel gesê: “Ek het gewys dat Ek God is en Ek sal dit weer doen.”
JOHANNES 12:27-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Nou is my siel ontsteld, en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar hierom het Ek in hierdie uur gekom. Vader, verheerlik u Naam! Daar het toe 'n stem uit die hemel gekom: Ek hét dit verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.
JOHANNES 12:27-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nou is my siel ontsteld; en wat sal ek sê? Vader, red my uit hierdie uur, maar daarom het ek tot hierdie uur gekom. Vader, verheerlik u Naam. Toe kom daar 'n stem uit die hemel wat sê: Ek het dit verheerlik en sal dit weer verheerlik.
JOHANNES 12:27-28 Die Boodskap (DB)
“Op die oomblik is my gemoed beswaard. Ek weet nie mooi wat om te bid nie. Sal Ek bid: ‘Vader, maak ’n ander plan sodat Ek nie hoef te sterf nie’? Dit kan Ek tog nie bid nie! Ek het dan juis gekom om te sterf en op te staan. Ek kan nou net een gebed bid: ‘Vader, doen wat nodig is sodat mense kan sien hoe groot en belangrik U is!’”
JOHANNES 12:27-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Nou is Ek hewig ontsteld. En wat moet Ek sê? Moet Ek sê: ‘Vader, red My uit hierdie uur’? Tog het Ek juis vir hierdie uur gekom. Vader, verheerlik ú Naam!” Toe het daar ’n stem uit die hemel gekom: “Ek het dit alreeds verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.”