LUKAS 10:27-29
LUKAS 10:27-29 Bybel vir almal (ABA)
Die skrifgeleerde antwoord toe: “ Jy moet vir jou God die Here lief wees met jou hele hart, met jou hele lewe, met al jou krag, en met jou hele verstand. Jy moet ook vir jou naaste lief wees soos jy lief is vir jouself.” Toe sê Jesus vir hom: “Jy het reg geantwoord. Gaan doen dit, en jy sal die ewige lewe kry.” Maar die skrifgeleerde wou wys dat hy slimmer is as Jesus. Daarom vra hy toe vir Jesus: “Maar wie is my naaste?”
LUKAS 10:27-29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself. Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe. Maar hy wou homself regverdig, en sê vir Jesus: En wie is my naaste?
LUKAS 10:27-29 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy antwoord: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.” “Jy het reg geantwoord,” sê Jesus vir hom. “Doen dit en jy sal die lewe verkry.” Maar die wetgeleerde wou homself handhaaf en vra vir Jesus: “En wie is my naaste?”
LUKAS 10:27-29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het geantwoord: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself. ” “Jy het reg geantwoord,” het Jesus vir hom gesê. “Doen dit, en jy sal leef!” Maar hy wou homself regverdig, en het toe vir Jesus gevra: “En wie is my naaste?”
LUKAS 10:27-29 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand; en jou naaste soos jyself. En hy sê vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe. Maar hy, wat bereid was om homself te regverdig, sê vir Jesus: En wie is my naaste?
LUKAS 10:27-29 Die Boodskap (DB)
Die wetskenner antwoord toe: “Die wet sê jy moet die Here jou God liefhê met alles in jou: met jou wil, jou emosies, jou krag en jou denke. En jy moet jou medemens net so liefhê soos jouself.” “Mooi so!” het Jesus gesê. “Jy het reg geantwoord. Gaan doen dit, dan sal daar vir jou ’n plek wees in God se nuwe wêreld. So eenvoudig is dit!” Maar die kenner van die wet was nog lank nie klaar nie. Hy het sy strikvraag vir laaste gebêre: “Wag eers. Sê my, wie is my medemens van wie die wet praat?”
LUKAS 10:27-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die man het geantwoord: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou hele siel, al jou krag en jou hele verstand.’ En: ‘Jy moet jou medemens liefhê soos jouself.’” “Reg!” het Jesus vir hom gesê. “Doen dit en jy sal lewe!” Maar die man wou homself regverdig en vra toe vir Jesus: “En wie is my medemens?”