Stilte: Die Krag en Noodsaaklikheid DaarvanVoorbeeld
Stilte: die krag en noodsaaklikheid daarvan (13)
Markus 1:35 - "Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na ’n eensame plek en daar gebid."
Ps.19:15 – "Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik (aanvaarbaar) wees voor u aangesig."
Dit is in die stilte en in afsondering waar ons ons woorde en gedagtes kan ondersoek in die lig van die Skrif. In die gewone gedrang van die lewe is daar gewoonlik nie tyd om dit te doen nie.
Sint Antonius, ‘n woestynvader in Egipte wat 106 jaar oud geword het, het gesê: "Daar kom ‘n tyd wanneer mense van hulle verstand af sal raak en wanneer hulle iemand sien wat nie van sy verstand af is nie, sal hulle daardie persoon fisiek aanrand en sê: 'Jy is van jou verstand af want jy is nie soos ons nie.'" In die stilte ontdek ons dikwels ons eie waansin.
In die stilte sal God deur sy Gees wysheid gee en ons voorberei om te kan praat. In die stilte sal God se woorde soos ‘n vuuroond begin gloei — dan moet ons leer om stil te bly en daardie vuur aan die brand te hou totdat dit tyd is om te praat.
Die woestynvader Arsenius het gesê: "Ek moes dikwels dinge bely waaroor ek gepraat het, maar nooit omdat ek stil gebly het nie." Stilte moet ons leer om stil te bly. So dikwels word mense meer opgebou deur ons stilswye as deur ons stroom van woorde. Woorde wat in stilte gebore word, is gewoonlik vol krag. Min woorde is dikwels genoegsaam. Ons moet ‘n nuwe respek vir woorde leer.
Stilte help ons om nie die vuur van God te verloor nie. Stilte leer ons om met wysheid te praat. In die stilte ontmoet ons die Here Jesus en word sy woorde lewendig in ons harte. Wanneer ons dan praat, ontmoet mense Jesus, die Woord.
In die stilte kry ek nuwe krag vir die nuwe take wat voorlê. Jesus het vroeg in die môre opgestaan en gaan bid. Daar in die stilte en gemeenskap met sy Vader, het Hy homself voorberei vir die siekes wat sou kom, die duiwels wat hom sou konfronteer, die gesprekke met die Fariseërs en Skrifgeleerdes, asook die opleiding wat Hy vir sy dissipels moes gee.
Stilte is nie opsioneel en ‘n goeie ding om te doen nie. Dit is onontbeerlik.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Almal het stilte nodig. Soms weet ons dit nie, maar sodra daar tye van stilte kom, kom vreemde vrede. Daar word die stemme van die wêreld en die stemme van my eie gedagtes uitgedoof. In daardie stiltes kom God dikwels en begin met ons praat. Mag hierdie leesplan jou by dieper intimiteit met God bring.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.comv