Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

DAG 10 VAN 43

Neem standpunt in vir God

Daniël het klaar besluit

Lees: Daniël 1:8-21; 1 Korintiërs 10:23-31

SOAP: Daniël 1:8

“Daniël het hom voorgeneem om hom nie met die koning se kos en wyn te verontreinig nie en hy het die hoofpaleisbeampte vergunning gevra om dit nie te gebruik nie.”

Oordenking

As jy Daniël was, waar sou jy die streep getrek het? Hy was nie daarteen gekant om oor die Babiloniese gode opgevoed te word of om sy naam te laat verander nie. Hy het egter besluit om die kos te verwerp. Dit lyk na 'n klein dingetjie in vergelyking met sommige van die ander. Dit was ook ‘n potensiële risiko, aangesien hierdie kos van die koning se tafel af was.

Waarom was die koninklike kos onaanvaarbaar? Dit is aan die gode van Babel geoffer. Dit het die kos onrein gemaak. Dit was iets waaroor Daniël nie 'n kompromie kon maak nie.

Daniël was egter ook wys in wat hy gedoen het. Hy het nie die kos weggegooi of 'n groot ophef daaroor gemaak nie. Hy het diskreet toestemming gevra om dit nie te eet nie. God was aan die werk. Die hoofpaleisbeampte was simpatiek, maar ook bang vir koning Nebukadnesar. Weer was die jong Daniël wys om te vra vir 'n tien dae lange proeflopie van groente en water. Tot die hof se verbasing het Daniël en sy vriende eintlik gesonder gelyk na die tien dae!

Ek wonder hoe gewild hierdie besluit onder die ander jongmanne was dat hul koninklike kos weggeneem is en dat hulle eerder groente en water ontvang het?

Vir Daniël en sy vriende was hierdie proeflopie 'n sukses. Hulle hoef nie meer die koninklike kos te eet nie. God het hulle getrouheid geseën deur hulle meer wysheid en insig te gee as enigiemand in die hele Babiloniese ryk.

Aan die einde van die opleiding was die koning beïndruk met al vier van hulle. Hulle het gegradueer en is werk aangebied deur koning Nebukadnesar.

Daar is tye wanneer "om vir God te lewe" veroorsaak dat ons anders is of anders leef as wat as "normaal" beskou word. Bid vir wysheid om te weet hoe om getrou te leef en hoe om te reageer wanneer iets oorgaan in 'n kompromie wat jy nie kan maak nie. Kom ons wees wys in hoe ons leef in beide die ooglopende klein dingetjies en die groot dinge.

Gebed

Heer van Alles, dit is so maklik om gemaklik te wees om soos almal te leef, en dit is moeilik om anders te wees. Gee my krag en wysheid, Here, om op u pad te bly. Mag ek deur u liefde verander word sodat dit my begeerte is om u te behaag. O Here, word vandag en elke dag verheerlik deur my lewe. Mag my lewe ander seën, hulle begunstig en uiteindelik U vir hulle wys en aan U die eer bring. Amen.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans