Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

DAG 12 VAN 43

Daniël se aanbiddingstyd

Lees: Daniël 2:19-23; Psalm 37:1-5

SOAP: Daniël 2:20-22

“Daniël het gesê: “Mag die Naam van God altyd geprys word, Hy aan wie die wysheid en die mag behoort, Hy wat tye en omstandighede verander, wat konings afsit en konings aanstel, wat aan die wyse manne die wysheid gee en die verstand aan dié wat insig het, wat ondeurgrondelike en verborge dinge openbaar en wat weet wat in die duisternis is; by Hom is die lig.”

Oordenking

Stel jou voor jy is in Daniël se posisie. Jou lewe en dié van jou vriende en baie ander is in gevaar weens koning Nebukadnesar se droom. God openbaar dan die droom en die uitleg aan jou.

Jong Daniël was wys toe hy tyd geneem het om te bid. Hy het God geprys vir wie Hy is en wat Hy gedoen het. Daniël het geweet God is in beheer van die veranderende tye en seisoene, sowel as wie op die aardse troon sit.

God is groter as enige aardse koning. Daniël het erken dat wysheid van God kom, wat selfs geheime openbaar. Hy het God geprys vir die beantwoording van hulle gebede.

Wanneer ons bid, spring ons dikwels vinnig oor na ons versoeke en gebede vir ander. Dit is 'n goeie praktyk om ons gebede te begin deur God se eienskappe te erken. Neem 'n eienskap van God en prys Hom daarvoor.

'n Ander gebied waarop ons dikwels nie let nie, is om God te dank vir die beantwoording van ons gebede. Daar is so baie aan die gang in hierdie wêreld dat ons maklik na die volgende ding kan beweeg sonder om tyd te neem om God te prys en te dank vir hoe Hy luister en ons gebede beantwoord. Wanneer ons dit doen, mis ons die onthou van die getrouheid en wysheid van ons God wat nie net ons gebede hoor nie, maar dit ook beantwoord. Soms antwoord Hy op maniere wat ons ons nie eens kon indink nie.

Neem vandag 'n rukkie om God te prys vir wie Hy is en alles wat Hy in jou lewe gedoen het. Dank Hom vir al die gebede wat Hy beantwoord het. Alhoewel nie al daardie antwoorde was wat jy wou hê nie, kan jy met tyd sien hoe die “nees” van God vir jou beswil was. Ons kan vertrou dat Hy ons gebede beantwoord.

Gebed

Hemelse Vader, mag u Naam vir ewig geprys word. U verander die tye en seisoene van ons wêreld, maar ook my lewe. U is lig, en U oorkom alle duisternis. Niks is vir U verborge nie. Ek verheug my in U. Here, U het al my gebede gehoor en beantwoord, selfs dié waarop U nee gesê het. Ek vertrou my toekoms aan U toe. Amen.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans