Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

DAG 14 VAN 43

Die ewige koninkryk

Lees: Daniël 2:36-49; Lukas 1:31-33; 1 Tessalonisense 4:14-18

SOAP: Daniël 2:44

“In die tyd van daardie konings sal die God van die hemel 'n koninkryk oprig wat nooit vernietig sal word nie. Hierdie koninkryk sal nie deur ‘n ander vervang word nie. Dit sal die ander koninkryk plat trap en vernietig, maar self sal dit vir altyd bestaan.”

Oordenking

Vir die meeste lesers lyk die droom wat koning Nebukadnesar gehad het nie so skrikwekkend nie. Iets daaraan het hom egter natuurlik baie ongemaklik gemaak. Deur God se genade kon Daniël Nebukadnesar se droom verstaan en interpreteer.

Op grond van Nebukadnesar se vorige reaksies, sou dit sin maak dat Daniël senuweeagtig was oor hoe sy verklaring van die droom aanvaar sou word. Hierdie ontmoeting met die koning sou dus van Daniël vereis om dapper te wees en eerlik dit wat God vir hom gesê het, te deel.

Koning Nebukadnesar het nie net van die beperktheid van sy koninkryk geleer nie, maar ook dat wat ná hom sou volg, minderwaardig aan sy koninkryk sou wees. Daniël het egter ook vir Nebukadnesar vertel van 'n groter, ewige koninkryk, wat alle ander koninkryke sou beëindig en vir ewig sou bestaan.

Al was koning Nebukadnesar dankbaar teenoor Daniël vir die uitleg van sy droom, het hy eintlik die hoofpunt gemis. Hy het selfs 'n graanoffer en wierookoffer aan Daniël gebring! Al het hy lippediens gegee om God te prys, is dit hartseer om te sien dat sy lewe ongelukkig nog nie verander het nie. Nebukadnesar het Daniël bevorder om in beheer te wees van die provinsie waarin hy gewoon het; wat 'n baie belangrike werk was. Met hierdie bevordering het Daniël nie sy biddende vriende vergeet nie; hy het vir hulle ook bevordering gekry, sodat hulle saam met hom kon werk.

Soos wat ons in Lukas 1 gelees het, is dit Jesus wie se koninkryk nooit sal eindig nie. Hy kom terug; Hy gaan terugkeer om sy ewige koninkryk ten volle te vestig, soos ons gesien het in Tessalonisense 4. Alles wat verkeerd is in hierdie wêreld sal ongedaan gemaak word. Ons sal vir altyd by Hom en ander gelowiges wees, almal as gevolg van Jesus se opofferende liefde vir ons. Hoe wonderlik is dit nie!

Gebed

U is die Ewige God. U is getrou, en u standvastige liefde wankel of verander nie. U kom u beloftes na. Jesus sal terugkom. Alhoewel ek dit nie verdien nie, sal ek deel wees van u ewige koninkryk omdat Jesus my losprys betaal het. Dankie, Jesus. U het my siel gered. Here, help my om dapper te wees en in liefde vir ander die waarheid te vertel van hoe U my gered het en hoe hulle ook gered kan word. Amen.

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans