Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

DAG 18 VAN 43

Hoop in 'n plek sonder hoop

Lees: Daniël 3:19-30 en Romeine 5:1-5

SOAP: Daniël 3:28

“Toe sê Nebukadnesar: “Aan die God van Sadrag, Mesag en Abednego kom die eer toe, Hy wat sy engel gestuur het en sy dienaars gered het. Hulle het op hulle God vertrou en het die koninklike bevel verontagsaam en hulle was bereid om hulle lewe te verloor eerder as om enige god behalwe húlle God te dien of te aanbid.”

Oordenking

Vir 'n koning wat gedink het hy is die magtigste persoon, kan ons sy woede teenoor die drie mans wat sy gesag uitgedaag het, verstaan. Nebukadnesar het gevra dat die oond sewe keer warmer as gewoonlik verhit word. Dit was so warm dat die manne wat Sadrag, Mesag en Abednego na die oond geneem het, op slag dood is. Sadrag, Mesag en Abednego was nog vasgebind toe hulle in die oond geval het. Dit het gelyk na 'n hopelose situasie.

God is egter groter as enige iets anders wat geskape is. God was op die punt om die koning te wys wie alle mag en gesag het. Skielik was daar vier mans wat in die vuur rondgeloop het; vier mans wat nie vasgebind was nie. Koning Nebukadnesar het die vierde man beskryf as “soos 'n hemelwese!”

Nebukadnesar het self na die bek van die oond gegaan en die “dienaars van die Allerhoogste God” geroep om uit te kom. Wat bedoel was om die dood te bring, het God gebruik om te openbaar dat Hy die bron van alle lewe is.

Toe hulle die oond verlaat het, het die mense gesien dat Sadrag, Mesag en Abednego heeltemal ongedeerd was. Hul klere het nie ‘n merkie op gehad nie en hulle het selfs nie eers na vuur geruik nie! God het hulle volkome beskerm teen elke aspek van die vuur.

Nebukadnesar het die God geprys wat Sadrag, Mesag en Abednego gered het. So ook hul vertroue in Hom; omdat hulle bereid was om hul lewens in gevaar te stel, eerder as om enigiemand anders te aanbid. Hy het erken dat daar geen ander god is wat op hierdie manier kan verlos nie. Koning Nebukadnesar het dit steeds nie heeltemal begryp nie, maar hy het stadigaan beter begin verstaan wie God is. God, in sy goedheid, het nog geduldig na hom geroep.

Sadrag, Mesag en Abednego kon hulle in hul lyding verbly; lyding waaruit volharding en hoop voortgebring is. Ons sal ook vir ons geloof baie beproewings die hoof moet bied. Maar soos Paulus skryf, ons lyding “beskaam ons nie” (Romeine 5:5). Ons weet ons dien die almagtige God wat altyd by ons is, selfs in die vuur.

Gebed

Genadige, liefdevolle God, U is die God van hoop, selfs wanneer dinge hopeloos lyk. U berei die pad vorentoe voor, en weet wat ek nodig het voordat ek weet. Help my om hierdie sekuriteit en hoop in my verlossing te onthou sodat ek kan staande bly in beproewings. Amen.

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans