Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

DAG 20 VAN 43

Trotse of nederige hart?

Lees: Daniël 4:18-27 en Lukas 18:9-14

SOAP: Daniël 4:26

“Die bevel dat die boom se stomp in die grond moet bly, beteken dat u koningskap herstel sal word sodra u erken dat die Hemel regeer.”

Oordenking

Dit sou sin gemaak het vir Daniël om die versoek van die koning om sy droom te uit te lê, te ignoreer. Koning Nebukadnesar het hom immers van sy familie en sy vaderland af weggeneem. Daniël het egter empatie en medelye met Nebukadnesar getoon.

Daniël het sy droom beskryf deur vir die koning te vertel dat hy so sterk was soos 'n groot boom. God het egter ander planne vir Nebukadnesar gehad. Hy sou afgesny, uit die samelewing geneem en gestuur word om saam met die wilde diere te lewe. Hy sou vir sewe jaar so lewe totdat hy verstaan het dat God die heerser oor menslike koninkryke is.

Ons kan hierdie maklik lees en dink dat God wreed is, maar Hy is nie. Inteendeel, Hy is meer soos 'n liefdevolle vader wat sy kind waarsku: "Tensy jou gesindheid verander, sal ek hierdie ding waarvoor jy lief is, tydelik moet wegneem totdat jy verstaan.” Koning Nebukadnesar sou tot nederigheid gebring word. Dit sou hom die volle sewe jaar neem om te besef dat dit eintlik God is wat heers en wat hom rykdom en mag gegee het.

In God se goedhartigheid het Hy Nebukadnesar 'n kans gegee om hom te bekeer. Daniël het vir hom gesê om op te hou sondig, om te doen wat reg is en barmhartigheid aan die armes te bewys. Net 'n God vol deernis en barmhartigheid sou so 'n groot geskenk aan 'n harde en euwel koning soos Nebukadnesar aanbied. Wees bemoedig. Jou sonde is nooit te groot vir die genade en verlossing van Jesus Christus nie.

Nebukadnesar het die grootste deel van sy lewe aan homself en sy mag gedink. God het geweet dat trots hom verblind het van die waarheid en dat dit aangespreek moes word.

Om God se genade te herken en daarvoor dankbaar te wees is 'n groot vernietiger van trots. Dit help ons om waarlik te sien wie ons is in die lig van die kruis van Jesus. God wil nie ons prestasies, toekennings of titels hê nie. Hy wil eenvoudig ons harte hê.

Gebed

Hemelse Vader, Skepper van die heelal en Heerser oor alles. U gee en U neem weg. Al my dae is in u hande. Here, ek dank U vir die baie seëninge en gawes wat U vir my gegee het. Ek bely dat daar tye is wanneer ek dwaas trots is wanneer ek nederig moet wees en u voorsiening moet erken. Verander my trotse weë sodat ek eer aan U kan bring. Amen.

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans