Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

DAG 32 VAN 43

Wees gereed vir Jesus se wederkoms

Lees: Daniël 8:1-2; Daniël 8:15-27; 2 Petrus 3:8-18

SOAP: 2 Petrus 3:18

"Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en tot in ewigheid."

Oordenking

'n Paar jaar na die eerste visioen het Daniël 'n tweede visioen ontvang. Hierdie visioen was van 'n skaapram, ‘n bokram, met weereens meer horings en arrogante woorde! Hierdie keer het God die engel Gabriël gestuur om Daniël te help om die visioen te verstaan.

Daniël was vreesbevange. Gabriël wou hê dat Daniël moet weet dat hierdie visioen oor die eindtyd gaan.

Daar sou 'n bose, roekelose, bedrieglike koning wees wat aan bewind sou kom wat die mense van God sou wou vernietig. Hy sou arrogant wees en in staat wees om baie te mislei, dus sal hulle onbewus wees van sy planne. Hy sou homself teen God stel. Hy sou nie deur mense oorwin kon word nie.

Hierdie visioen het Daniël so bang gemaak dat hy vir dae uitgeput en siek was. Daniël het nie al die antwoorde gekry wat hy graag sou wou hê nie, daarom het hy gesê dat daar niemand was wat geweet het wat met hom aangaan nie.

Deur die geskiedenis heen was daar mense wat gedink het die einde van die wêreld is naby wanneer bose mense aan bewind kom. Ons moet versigtig wees om nie mislei of afgelei te word nie. Ons het onderskeidingsvermoë nodig. God het vir ons van sommige van die tekens van die eindtyd vertel, maar Jesus het ook gesê dat sy wederkoms soos 'n dief in die nag sal wees. Dit sal onverwags wees.

Net soos met Daniël, gee God ons nie al die antwoorde op die vrae wat ons vra nie. Wat God van ons wil hê, is dat ons gereed moet wees. Hy wil hê ons moet in heiligheid en godsaligheid leef, wat groei in genade en kennis van Hom is. Ons moet gereed wees om Jesus te ontmoet.

Dit is God se tyd van genadige geduld. Gedurende hierdie tyd soek Hy 'n geleentheid vir almal om tot bekering te kom. God wil nie hê dat enigeen verlore sal gaan nie. As gelowiges kry ons die geleentheid om deel te wees van die sending om die goeie nuus van Jesus tot aan die eindes van die aarde te versprei (Handelinge 1:7-8).

Wanneer jy aan die eindtyd dink, onthou hierdie 4 woorde: Jesus kom – Wees gereed!

Gebed

Hemelse Vader, U ken die begin van die einde. Ons hele wêreld en al ons dae en seisoene is in U getroue hande. Here, ek is ook dankbaar vir u genadige geduld waarin U my tyd gee om na U te draai. Help my om getrou u goeie nuus met ander te deel. Amen.

Dag 31Dag 33

Aangaande hierdie leesplan

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans