Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van DaniëlVoorbeeld

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

DAG 33 VAN 43

God van deernis

Lees: Daniël 9:1-19; Jeremia 25:3-12

SOAP: Daniël 9:9

"Maar U, Here ons God, bewys barmhartigheid en U vergewe, al was ons opstandig teen U."

Oordenking

In die eerste jaar van Darius se bewind het Daniël die profesieë van Jeremia 25 en 29 herontdek waar God gesê het die ballingskap sou vir 70 jaar duur. Kan jy jou die hoop voorstel wat dit vir Daniël gegee het? Veral omdat hy besef het dat die 70 jaar amper verby was!

Daniël het begin om vir God se mense te bid op 'n nederige, God-vererende wyse. Dit was 'n gebed wat die getrouheid van God en die hardnekkige sondigheid van sy mense erken het. Daniël het 'n beroep gedoen op God se getrouheid, medelye, vergifnis, geregtigheid, en sy Naam.

Twee keer het Daniël verwys na God se medelye. In Daniël 9:18 het hy God se medelye as oorvloedig beskryf. Daniël het die medelye van God geken tydens sy tyd in Babilon. Tog het God liefde, genade, en barmhartigheid aan hom bewys deur elke seisoen van sy lang lewe.

Daniël se begeerte was dat God se mense Hom in die tempel en oor die hele land sou aanbid. Sy begeerte was dat God geëer, geprys, en verheerlik sou word. God se doel met die uitstuur van sy mense in ballingskap was om hulle te dissiplineer, te reinig en te herstel sodat hulle hul verhouding met Hom kon hernu. Sodat hulle nie meer afvallig sou wees en na ander gode sou soek nie.

God se bedoeling vir sowel die Ou Testamentiese- as Nuwe Testamentiese gelowiges is dat hulle 'n getroue lig vir die nasies sou wees en ander na Hom sou trek.

Ons almal sukkel met sekere sondes wat ons wens ons vir ewig kon agterlaat. Ons voel sleg om God oor en oor om vergifnis te vra vir dieselfde ding.

God is geduldig, medelydend, en barmhartig. Daar kan sondes wees wat jy sukkel om jouself voor te vergewe, en jy dink: "Daar is geen manier waarop God my hiervoor kan vergewe nie!" Dit is 'n leuen. Moenie toelaat dat 'n leuen jou daarvan weerhou om na Hom te draai om vergifnis te vra en dit te ontvang nie.

Wanneer jy oor 'n sonde bid, onthou wat Jakobus 5:11b sê: "Die Here is immers ryk aan barmhartigheid en ontferming."

Gebed

Hemelse Vader, U is vol medelye. Ek dank U vir Jesus wat empatie het met die pyn en versoekings van die lewe op aarde. Vergewe my, Here, vir my doelbewuste sondes. Here, vergewe die sondes waarvan ek in u groot genade nie eens bewus is nie. Verwyder my liefde vir sonde en vervang dit met 'n liefde vir U, wat daarop gemik is om U eer en heerlikheid te bring. Amen.

Dag 32Dag 34

Aangaande hierdie leesplan

Leef Getrou in 'n Ongelowige Land - 'n Studie van Daniël

Om as Christen in hierdie wêreld te leef, kan soms baie eensaam wees. Dit mag voel asof ons die enigstes is wat Christus getrou volg. Daniël het ook voor soortgelyke uitdagings te staan gekom. Daniël en sy vriende het gekies om God en sy weë te volg selfs al het dit ingedruis teen die wette van die land. Die boek Daniël spoor ons aan om God getrou te dien.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans