Lukas 20
20
Waar kom Jesus se gesag vandaan?
1Eendag toe Jesus in die tempel besig was om die mense te leer wat God van hulle vra, het ’n klomp van die godsdienstige leiers en ’n paar ander belangrike mense uit Jerusalem ook by die skare aangesluit. 2Hulle vra toe: “Wie gee jou die reg om al hierdie dinge te doen? Op wie se gesag tree jy op?”
3Maar Jesus was reg vir hulle: “Laat Ek julle eers gou ’n vraag vra. 4Sê My, wie het Johannes die reg gegee om te doop? Was dit God of die mense?”
5Die leiers het dadelik besef hulle is in ’n hoek. Hulle sê toe onderlangs vir mekaar: “Kyk, as ons sê God het Johannes die reg gegee, sal Jesus vir ons vra: ‘Waarom het julle dan nie geglo wat hy gesê het nie?’ 6As ons egter antwoord dat die mense Johannes die reg gegee het om te doop, sal die volk ons uitmekaarskeur. Hulle almal dink mos dat Johannes ’n profeet was wat sy gesag van God af gekry het.”
7Om uit die moeilikheid te bly antwoord hulle toe: “Nee, ons weet nie.”
8Jesus trek toe sy skouers op en sê: “Wel, dan kan Ek ook nie vir julle sê wie My die reg gee om te doen wat Ek doen nie.”
Die verhaal van ’n boer,
sy wingerd en die slegte huurders
9Daarna het Jesus vir die mense die volgende verhaal vertel: “Daar was eendag ’n ryk boer wat ’n wingerd aangeplant het. Hy moes kort daarna op ’n reis na ’n ver land gaan. Hy verhuur toe die wingerd aan ’n groep ander boere. Die eienaar het met hulle ooreengekom dat hulle hom ’n deel van die druiwe as huur vir die grond sou betaal.
10“Later, toe die druiwe begin ryp word, stuur die eienaar een van sy werkers om die deel wat hy moes kry te gaan haal. Maar die arme werker is deur die boere aangerand en weggejaag.
11“Toe stuur die eienaar een van sy ander werkers na die plaas toe. Maar presies dieselfde het met hom gebeur. Hy is pimpel en pers geslaan en van ’n kant af beledig. 12Daarna het die boer ’n derde werker na sy plaas toe gestuur. Maar hy is halfdoodgeslaan en ook met leë hande van die plaas af weggejaag.
13“Toe sê die eienaar vir homself: ‘Wat moet ek nog doen? Al wat nog oorbly, is dat ek my seun vir wie ek so lief is na hulle toe moet stuur. Hulle behoort mos vir hom net soveel respek te hê as vir my.’
14“Maar toe die huurders die seun sien aankom, het hulle gou-gou koppe bymekaargesit: ‘Kyk, dis nou ons kans. As ons daardie seun doodmaak, sal ons later self die grond in die hande kan kry.’
15“Toe pak die spul boere die seun en sleep hom tot buite die wingerd. Daar het hulle hom doodgemaak.”
16Jesus vra toe vir die mense: “Wat dink julle sal die eienaar met die klomp boere doen wanneer hy terugkom na sy wingerd toe? Kom Ek sê vir julle: hy sal al daardie boere doodmaak en sy wingerd aan ander mense gee.”
Maar ’n klomp van die godsdienstige leiers wat na Hom geluister het, het vinnig geantwoord: “Nee, so iets sal nooit gebeur nie! Jy probeer maak asof ons soos daardie slegte boere in die verhaal is.”
17Jesus het hulle egter reguit in die oë gekyk en vir hulle gesê: “Julle is mos sulke danige kenners van die Bybel. Wel, sê ’n bietjie vir My wat die volgende teks beteken:
‘’n Klip wat die bouers nie wou gebruik nie en sommer eenkant toe gegooi het, het God reg bokant die voordeur ingebou vir almal om te sien.’
18“Oppas! Elkeen wat op hierdie ‘klip’ val, gaan bitter seerkry. Maar elkeen op wie hierdie ‘klip’ beland, gaan morsdood wees. Van hulle gaan daar net mooi niks oorbly nie.”
Die Joodse godsdienstige leiers het die skimp gevang. Hulle het besef dat Jesus hierdie teks op Homself toegepas het en dat hulle die mense is wat Hom verwerp. Hulle was woedend daaroor. Hulle wou Hom sommer daar en dan in die tronk stop. Maar die gewone mense was baie beïndruk met Jesus. Daarom kon die leiers in daardie stadium niks aan Hom doen nie.
Die godsdienstige leiers
probeer Jesus oor belasting vasvra
19Die godsdienstige leiers wou hê dat Jesus iets moes sê wat Hom in die moeilikheid sou bring. 20Hulle besluit toe om ’n paar mense na Hom toe te stuur wat maak asof hulle verskriklik vroom is. Hierdie mans moes vir Jesus ’n lokval stel sodat hulle Hom kon vang en aan die owerhede uitlewer as Hy iets verkeerds sê.
21Toe hierdie mense by Jesus aankom, sê hulle: “Leermeester, ons het jou leer ken as iemand wat net die waarheid praat. Jy loop God se pad reguit en leer die mense om dit ook te doen. Ons sien ook jy probeer nie gewild wees nie. Wat mense oor jou sê of dink, pla jou nie. 22Sê net gou vir ons, dink jy dis reg dat ons so baie belasting aan die Romeinse keiser betaal?”
23Jesus sê toe: “Het iemand ’n geldstuk hier naby?” Vinnig het iemand vir Hom ’n muntstuk gegee.
24Toe sê Jesus vir hulle: “Kyk mooi na dié geld. Wie se beeld is daarop en wie se naam is daarop geskryf?”
“Die keiser s’n,” antwoord hulle.
25“Nou ja, as hierdie geld met die keiser se beeld daarop die keiser s’n is, gee dit vir hom. Gee hom wat hy vra. Maar onthou: julle is volgens God se ‘beeld’ gemaak. Julle behoort aan Hom. Daarom moet julle julleself aan God gee. Die keiser is geregtig op julle geld, maar God is geregtig op julle hele lewe.”
26Hierdie antwoord het die wind heeltemal uit die mense se seile gehaal. Hulle plan om Jesus daar voor die skare uit te vang het heeltemal misluk. Jesus se antwoord was so goed dat hulle nie geweet het wat om te sê nie. Stil-stil is hulle toe maar daar weg terwyl die skare Jesus geëer het.
Die Sadduseërs probeer Jesus
vasvra oor die lewe na die dood
27Skaars was hierdie spul weg of ’n klompie Sadduseërs daag daar op. Hulle was ’n invloedryke Joodse groep wat nie in die lewe na die dood geglo het nie.
28“Leermeester, jy weet goed wat Moses gesê het: as ’n getroude man sonder kinders doodgaan, moet sy broer met sy weduwee trou. Hulle moet dan ’n seun kry om so te sorg dat die familienaam nie uitsterf nie. Wel, nou het ons die volgende probleem wat jy asseblief vir ons moet oplos. 29Sê nou daar is ’n familie met sewe seuns. Die eerste seun trou, maar gaan dood voor hy ’n kind kan hê. 30Volgens Moses se wet moet die weduwee met die tweede broer trou. Maar hy gaan ook dood sonder dat daar ’n kind is. 31Dan trou die derde een met haar. Maar presies dieselfde gebeur met hom. Hy sterf voordat sy vrou ’n kind het. So gaan dit uiteindelik met al sewe broers. Nie een van hulle laat ’n kind agter nie. 32Uiteindelik gaan die vrou dan sonder ’n kind dood. 33Nou, as daar ’n opstanding van die dooies is, sê vir ons, met watter man gaan daardie vrou in die hemel getroud wees? Al sewe was mos hier op aarde met haar getroud.”
34Jesus antwoord toe: “Kyk, julle verstaan dit heeltemal verkeerd. In hierdie wêreld trou mense nog, maar nie daar in God se nuwe wêreld nie. 35Diegene wat so gelukkig is om daar ’n plek te kry, gaan op ’n splinternuwe manier leef. Daar tel dinge soos getroud-wees glad nie meer nie. 36Daar gaan mense ook nie weer dood nie. Hulle gaan net soos die engele ook ‘geestelike wesens’ wees. Elkeen wat daar bly, sal ’n kind van God wees. God sal hulle weer lewendig maak en hulle daar by Hom ’n blyplek gee.
37“Ja, die dooies sal weer lewendig word. Dit staan tog in die Bybel. Julle het mos al in Eksodus gelees hoe Moses die Here by die brandende doringbos aangespreek het as ‘die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob’. Moses het dit gedoen omdat hy geweet het Abraham en Isak en Jakob is nie dood nie. 38Hulle leef op ’n splinternuwe manier daar by God. God is mos nie die God van die dooies nie. Nee, Hy is die God van die lewendes. Daarom wag daar vir almal wat nou vir Hom leef ’n plek in sy nuwe wêreld.”
39’n Paar van die skrifkenners wat ook na Jesus geluister het, was baie beïndruk met wat Hy gesê het: “Mooi so, Leermeester. U het goed geantwoord. 40Kyk, daardie klomp Sadduseërs is skoon stil.”
Jesus se beurt: Dawid en die Messias
41Toe sê Jesus vir die godsdienstige leiers wat gedurig net regsit om Hom te probeer uitvang: “Ek het nou ’n vraag vir julle. Hoekom sê almal die Messias is die seun van Dawid? 42Dawid self noem Hom dan in een van sy psalms ‘my Here’. Julle ken mos Dawid se bekende woorde:
‘God, die Here, het vir my Here gesê: Kom sit hier op die spesiale ereplek langs My 43totdat Ek al jou vyande magteloos voor jou voete laat lê.’
“Verklaar dit dan nou vir My: 44As Dawid die Messias ‘Here’ noem, hoe kan Hy terselfdertyd ook nog Dawid se seun wees?”
Maar niemand het dit gewaag om daarop te antwoord nie.
Loop lig vir al die skrifkenners
45Terwyl ’n groot groep mense na Jesus geluister het, het Hy na sy getrouste volgelinge gedraai en vir hulle gesê: 46“Julle moet lig loop vir al daardie groot kenners van die Bybel. Kyk, hulle loop oral rond met hulle blink kerkklere en hou daarvan dat almal hulle op straat groet. Hulle maak ook baie seker dat mense hulle in godsdienstige plekke raaksien. En hulle geniet dit om die middelpunt van belangstelling by elke funksie te wees. 47Net om te wys hoe vroom hulle is, gaan eet hulle die arm weduwees se kos op en bid lang gebede in die openbaar. Die skynheilige spul! God sal hulle baie swaarder as al die ander straf.”
Цяпер абрана:
Lukas 20: DB
Пазнака
Падзяліцца
Капіяваць
Хочаце, каб вашыя адзнакі былі захаваны на ўсіх вашых прыладах? Зарэгіструйцеся або ўвайдзіце
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.

: