1
1 JOHANNES 4:18
Nuwe Lewende Vertaling
Volmaakte liefde het nie plek vir vrees nie; volmaakte liefde dryf die vrees uit omdat vrees nog met straf behep is, en wie aanhou vrees, het nog nie dié volmaakte liefde bemeester nie.
Compare
Explore 1 JOHANNES 4:18
2
1 JOHANNES 4:4
Julle is egter van God afkomstig, my kinders, en julle het hulle reeds oorwin omdat die Gees wat in julle woon, magtiger is as die gees wat in die wêreld woon.
Explore 1 JOHANNES 4:4
3
1 JOHANNES 4:19
Laat ons mekaar liefhê omdat Hy ons eerste liefgehad het.
Explore 1 JOHANNES 4:19
4
1 JOHANNES 4:7
Geliefdes, laat ons mekaar aanhou liefhê, want volmaakte liefde is van God afkomstig. Elkeen wat só liefhet, is uit God gebore en ken God persoonlik.
Explore 1 JOHANNES 4:7
5
1 JOHANNES 4:8
Elkeen wat nie só liefhet nie, ken God nie persoonlik nie omdat God liefde self is.
Explore 1 JOHANNES 4:8
6
1 JOHANNES 4:10
Dít is volmaakte liefde: nie dat ons vir God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun as versoeningsoffer gestuur het om ons sondes weg te neem.
Explore 1 JOHANNES 4:10
7
1 JOHANNES 4:11
Geliefdes, as God ons dan só tot die uiterste toe liefgehad het, moet ons ook mekaar tot die uiterste toe liefhê.
Explore 1 JOHANNES 4:11
8
1 JOHANNES 4:9
Op hierdie manier het God sy volmaakte liefde aan ons bekendgemaak toe Hy sy enigste Seun na die wêreld toe gestuur het sodat ons deur Hom die lewe kan ontvang.
Explore 1 JOHANNES 4:9
9
1 JOHANNES 4:20
As enigeen beweer: “Ek het God lief,” maar ’n broer of suster haat, is só ’n persoon ’n leuenaar, want as ons ’n broer of suster wat ons elke dag sien, nie liefhet nie, kan ons mos nie vir God liefhê wat ons nie kan sien nie.
Explore 1 JOHANNES 4:20
10
1 JOHANNES 4:15
Almal wat openlik erken dat Jesus die Seun van God is – God handhaaf ’n hegte verhouding met hulle en hulle met God.
Explore 1 JOHANNES 4:15
11
1 JOHANNES 4:21
Hierdie opdrag het ons van Hom ontvang: As ons God liefhet, moet ons ook ons broer en suster liefhê.
Explore 1 JOHANNES 4:21
12
1 JOHANNES 4:1-2
Geliefdes, moenie sommer almal glo wat daarop aanspraak maak dat hulle deur die Gees optree nie. Toets hulle om te bepaal of dié bepaalde gees sy oorsprong by God het, want daar het reeds baie vals profete die wêreld ingekom. Hieraan herken julle die Gees van God: Elkeen wat erken dat Jesus Christus werklik ten volle mens geword het, is van God afkomstig.
Explore 1 JOHANNES 4:1-2
13
1 JOHANNES 4:3
Elkeen wat Jesus nie erken nie, is nie van God afkomstig nie. Dit is tipies van die antichris. Julle het mos gehoor dat hy aan die kom is, en hy is nou reeds in die wêreld aanwesig.
Explore 1 JOHANNES 4:3
Home
Bible
Plans
Videos