1
2 KORINTIËRS 4:18
Nuwe Lewende Vertaling
Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare vir altyd.
Compare
Explore 2 KORINTIËRS 4:18
2
2 KORINTIËRS 4:16-17
Om hierdie rede gee ons nie moed op nie. Al is ons uiterlike mens besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry op die oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan.
Explore 2 KORINTIËRS 4:16-17
3
2 KORINTIËRS 4:8-9
Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie; ons is verward, maar nie wanhopig nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.
Explore 2 KORINTIËRS 4:8-9
4
2 KORINTIËRS 4:7
Ons het hierdie skat egter maar net in breekbare kleipotte – die allesoortreffende krag kom van God en nie van ons nie.
Explore 2 KORINTIËRS 4:7
5
2 KORINTIËRS 4:4
Dit is die god van hierdie bedeling wat die gedagtes van die ongelowiges verblind sodat hulle die lig van die Goeie Nuus nie kan sien nie. Dit is die Goeie Nuus van die heerlikheid van Christus, Hy wat die ewebeeld van God is.
Explore 2 KORINTIËRS 4:4
6
2 KORINTIËRS 4:6
God het gesê: “Laat daar lig skyn uit die duisternis.” So het Hy ook in ons harte ’n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God wat uit die gesig van Jesus Christus straal.
Explore 2 KORINTIËRS 4:6
Home
Bible
Plans
Videos