‘Gaan na hierdie volk toe en sê:
Julle sal my woorde hoor
en tog nie verstaan nie.
Julle sal sien wat Ek doen,
en dit tog nie werklik
begryp nie.
Ja, die hart van hierdie volk
het verhard,
en hulle hoor swaar met hulle ore,
en hulle het hulle oë toegemaak
sodat hulle nie dalk
met hulle oë sien
en met hulle ore hoor
en met hulle hart begryp
en tot bekering kom
en Ek hulle gesond maak nie.’