Selfs al sal die vyebome nie bot nie
en die wingerd sonder druiwe staan,
al het die olyfoes misluk,
en lewer die landerye niks op nie,
al vergaan die kleinvee in die veld
en is die beeskrale leeg;
tog, ten spyte van alles,
sal ek my verbly in die HERE!
Ek sal juig oor God
wat my verlos!