1
HEBREËRS 10:25
Nuwe Lewende Vertaling
En laat ons tog nie – soos party gemeentelede die gewoonte het – versuim om die gemeentebyeenkomste by te woon nie. Kom ons moedig mekaar aan, nog meer omdat ons sien dat die dag van Christus se koms al hoe nader kom.
Compare
Explore HEBREËRS 10:25
2
HEBREËRS 10:24
Laat ons voortdurend aandag gee aan mekaar – oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot liefde en goeie dade.
Explore HEBREËRS 10:24
3
HEBREËRS 10:23
Kom ons hou ook styf vas aan die hoop wat ons bely, want ons kan op God staatmaak; Hy sal doen wat Hy beloof het.
Explore HEBREËRS 10:23
4
HEBREËRS 10:36
Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het.
Explore HEBREËRS 10:36
5
HEBREËRS 10:22
Kom ons gaan dan die heiligdom binne, ja tot voor God, met ’n opregte hart en absolute vertroue, terwyl ons harte deur besprinkeling gesuiwer is van ’n skuldige gewete en ons liggame gewas is met skoon water.
Explore HEBREËRS 10:22
6
HEBREËRS 10:35
Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ’n groot beloning in.
Explore HEBREËRS 10:35
7
HEBREËRS 10:26-27
As ons opsetlik bly sonde doen nadat ons die volle waarheid leer ken het, bly daar geen offer vir die sondes oor nie. Al wat oorbly, is die vreeslike vooruitsig van God se oordeel, ja ’n gloeiende vuur wat God se vyande gaan verteer.
Explore HEBREËRS 10:26-27
Home
Bible
Plans
Videos