1
JESAJA 45:3
Nuwe Lewende Vertaling
Ek gee vir jou skatte wat weggesteek is in die donker, rykdomme opgesluit in geheime plekke. Ek doen dit sodat jy kan erken dat Ek die HERE is, die God van Israel, wat jou by jou naam roep
Compare
Explore JESAJA 45:3
2
JESAJA 45:2
“Ek sal voor jou uitgaan en berge gelyk maak. Ek breek bronsdeure oop en slaan ystertralies stukkend.
Explore JESAJA 45:2
3
JESAJA 45:5-6
Ek is die HERE en daar is geen ander nie. Daar is geen ander God as Ek nie. Ek maak jou sterk, al erken jy My nie eens nie. Dan sal die wêreld van die ooste tot by die weste weet daar is geen ander God as Ek nie. Ek is die HERE, en daar is geen ander God nie.
Explore JESAJA 45:5-6
4
JESAJA 45:7
Ek maak die lig en skep die donkerte. Ek gee voorspoed en stuur slegte tye. Ek, die HERE, is die Een wat al hierdie dinge doen.
Explore JESAJA 45:7
5
JESAJA 45:22
“Laat die hele wêreld na My toe kom sodat julle gered kan word. Want Ek is God en daar is geen ander nie.
Explore JESAJA 45:22
6
JESAJA 45:1
So sê die HERE vir Kores, sy gesalfde wie se regterhand Ek gevat het om nasies aan hom te onderwerp, konings se wapens af te vat en deure voor hom oop te maak wat nie weer gesluit sal word nie
Explore JESAJA 45:1
7
JESAJA 45:23
Ek lê ’n eed af by my Naam, en sal nooit teruggaan op wat Ek gesê het nie: Elke knie sal voor My buig, en elke mond sal lojaliteit aan My sweer.”
Explore JESAJA 45:23
8
JESAJA 45:4
ter wille van Jakob my dienaar, van Israel wat Ek gekies het. Ek het jou op jou naam geroep en skryf jou hoog aan, alhoewel jy My nie eens ken nie.
Explore JESAJA 45:4
Home
Bible
Plans
Videos