1
JESAJA 51:12
Nuwe Lewende Vertaling
“Ek, ja, Ek is die Een wat julle troos. Hoekom is julle dan bang vir gewone mense, vir mense wat soos gras vergaan en verdwyn?
Compare
Explore JESAJA 51:12
2
JESAJA 51:16
Ek het my woorde in jou mond gesit. Ek het jou beskerm met die skadu van my hand. Dis Ek wat die sterre op hulle plek sit, en die aarde gevestig het. Dis Ek wat vir Sion sê: ‘Jy is Myne!’”
Explore JESAJA 51:16
3
JESAJA 51:7
“Luister na My, julle wat weet wat reg is, julle wat my wette in julle harte het. Moenie bang wees vir mense wat met julle spot nie. Moenie skrik as hulle julle beledig nie.
Explore JESAJA 51:7
4
JESAJA 51:3
Die HERE gaan Sion vertroos en Hom ontferm oor die verwoeste stad. Hy gaan haar woestyngebied maak soos Eden, haar woesteny soos die tuin van die HERE. Vreugde en blydskap sal volop in die stad wees. Liedere van dankbaarheid sal weerklink.
Explore JESAJA 51:3
5
JESAJA 51:11
Almal vir wie die HERE losgekoop het, sal met vreugde terugkeer na Sion. Blydskap sal die kroon op hulle koppe wees. Hulle sal vol vreugde en blydskap wees. Hartseer en smart sal verdwyn.
Explore JESAJA 51:11
Home
Bible
Plans
Videos