1
JAKOBUS 3:17
Nuwe Lewende Vertaling
Maar die wysheid wat van Bo kom, is in die eerste plek suiwer. Verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam. Dit is bereid om ontferming te betoon, en het goeie gevolge. Dit diskrimineer nooit en is altyd opreg.
Compare
Explore JAKOBUS 3:17
2
JAKOBUS 3:13
Aangesien julle wys is en verstaan wat God wil hê, moet julle sorg dat julle leefstyl goed is. Julle wysheid moet juis in nederige gedrag sigbaar word.
Explore JAKOBUS 3:13
3
JAKOBUS 3:18
Die vredemakers saai saad van vrede; hulle oes omdat hulle reg lewe voor God.
Explore JAKOBUS 3:18
4
JAKOBUS 3:16
want waar jaloesie en selfsugtige ambisie is, dáár sal jy ook wanorde en allerhande gemene dade kry.
Explore JAKOBUS 3:16
5
JAKOBUS 3:9-10
Partykeer loof daardie tong ons Here en Vader, en ander kere vloek dieselfde tong mense wat na die beeld van God gemaak is. Dit beteken dat lof en vloek uit dieselfde mond kom. Dit kan tog nie so wees nie, my broers en susters!
Explore JAKOBUS 3:9-10
6
JAKOBUS 3:6
Die tong is ook ’n vuur. Dit is vol dinge wat jou verhouding met God kan bederf. Dit kan jou hele lewe in vlamme laat opgaan, want die duiwel steek dit aan.
Explore JAKOBUS 3:6
7
JAKOBUS 3:8
maar geen mens kan die tong tem nie. Dit is ’n onbeheerbare kwaad, vol dodelike gif.
Explore JAKOBUS 3:8
8
JAKOBUS 3:1
My broers en susters, julle moenie almal leermeesters wil word nie, want julle weet dat God ons wat leermeesters is, strenger as ander sal beoordeel.
Explore JAKOBUS 3:1
Home
Bible
Plans
Videos