Hy praat deur drome
en visioene,
in die nag wanneer mense
diep slaap
en op hulle beddens lê.
Hy fluister in hulle ore
en verskrik hulle
met sy waarskuwings.
Hy laat mense van gedagte
verander
om hulle van verkeerde dade
weg te hou,
en hulle van hoogmoed
te weerhou.
Hy red hulle van die graf,
van die diep rivier
van die dood.