1
LUKAS 11:13
Nuwe Lewende Vertaling
As julle sondige mense dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader die Heilige Gees gee vir hulle wat Hom vra.”
Compare
Explore LUKAS 11:13
2
LUKAS 11:9
“En so sê Ek vir julle, hou aan vra, en vir julle sal gegee word wat julle vra. Hou aan soek, en julle sal vind. Hou aan klop, en die deur sal oopgemaak word.
Explore LUKAS 11:9
3
LUKAS 11:10
Want enigeen wat vra, ontvang. Enigeen wat soek, vind. En die deur word oopgemaak vir enigeen wat klop.
Explore LUKAS 11:10
4
LUKAS 11:2
Hy het geantwoord: “Dit is hoe julle moet bid: ‘Vader, laat u Naam geheilig word. Laat u koningsheerskappy begin.
Explore LUKAS 11:2
5
LUKAS 11:4
En vergewe ons ons sondes, net soos ons dié wat teen ons gesondig het, vergewe. En bring ons nie in die versoeking nie.’”
Explore LUKAS 11:4
6
LUKAS 11:3
Gee ons die porsie brood wat ons vir elke dag nodig het.
Explore LUKAS 11:3
7
LUKAS 11:34
Jou oog is die lamp vir jou liggaam. ’n Skoon oog laat lig in jou liggaam inskyn. Maar ’n vuil oog sluit die lig uit en dompel jou in duisternis.
Explore LUKAS 11:34
8
LUKAS 11:33
“Niemand steek ’n lamp op en steek dit dan weg of sit dit onder ’n emmer nie. Inteendeel, dit word op ’n staander geplaas om lig te laat skyn vir almal wat die kamer binnekom.
Explore LUKAS 11:33
Home
Bible
Plans
Videos