1
ROMEINE 12:2
Nuwe Lewende Vertaling
Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.
Compare
Explore ROMEINE 12:2
2
ROMEINE 12:1
Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak.
Explore ROMEINE 12:1
3
ROMEINE 12:12
Wees bly oor die wonderlike toekoms wat God vir julle beplan. Volhard in tye van swaarkry; moenie verslap in die gebed nie.
Explore ROMEINE 12:12
4
ROMEINE 12:21
Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte te bowe kom.
Explore ROMEINE 12:21
5
ROMEINE 12:10
As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer.
Explore ROMEINE 12:10
6
ROMEINE 12:9
Moenie veins dat jy ander liefhet nie; doen dit uit jou hart. Haat alles wat verkeerd is; kies kant vir wat goed is.
Explore ROMEINE 12:9
7
ROMEINE 12:18
Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense.
Explore ROMEINE 12:18
8
ROMEINE 12:19
Geliefdes, julle moet julleself nie wreek nie. Laat die straf aan God oor. Daar staan mos in die Skrif: “Dit is mý reg om te straf; Ek sal vergeld, sê die Here.”
Explore ROMEINE 12:19
9
ROMEINE 12:11
Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties; wees werklik diensbaar vir die Here.
Explore ROMEINE 12:11
10
ROMEINE 12:3
Namens Hom wat my in sy genade tot sy apostel gemaak het, sê ek aan elkeen van julle dat jy nie jouself moet oorskat nie, maar dat jy jouself nugter moet beoordeel volgens die geestelike toerusting wat God aan jou toebedeel het.
Explore ROMEINE 12:3
11
ROMEINE 12:17
Moenie vir enigiemand kwaad met kwaad terugbetaal nie; wees positief teenoor alle mense.
Explore ROMEINE 12:17
12
ROMEINE 12:16
Konsentreer op dit wat onderlinge eensgesindheid bevorder. Moenie belangrik probeer wees nie, maar vind julle geluk by die nederiges. Moenie dink dat net julle altyd reg is nie.
Explore ROMEINE 12:16
13
ROMEINE 12:20
Doen eerder wat die Skrif sê: “As jou vyande honger is, gee aan hulle iets om te eet. As hulle dors is, les hulle dors. Deur dit te doen, sal julle hulle bloedrooi van skaamte maak.”
Explore ROMEINE 12:20
14
ROMEINE 12:14-15
As mense julle oor julle geloof vervolg, moenie ’n vloek oor hulle uitspreek nie, maar vra God om hulle te seën. As ander blydskap ervaar, juig saam met hulle. As hulle hartseer is, deel dit met hulle.
Explore ROMEINE 12:14-15
15
ROMEINE 12:13
As medegelowiges in nood verkeer, wees jy die een om ’n helpende hand na hulle toe uit te steek. Maak ’n gewoonte daarvan om gasvry te wees – maak nie saak of dit oor kos of slaapplek gaan nie.
Explore ROMEINE 12:13
16
ROMEINE 12:4-5
Ons besit elkeen een liggaam wat uit baie ledemate bestaan en wat elkeen sy eie spesiale funksie het. Net so is dit ook met Christus se liggaam. Al is ons baie, vorm ons saam een liggaam omdat ons aan Christus verbind is, en as ledemate van hierdie één liggaam hoort ons saam en het ons mekaar nodig.
Explore ROMEINE 12:4-5
Home
Bible
Plans
Videos