1
1 Kronieke 29:11
Bybel vir almal
Alles wat belangrik is, alles wat sterk is, al die lig behoort aan U. Almal weet van U, die Koning in die hemel en op die aarde. Here, U is Koning, U is belangriker as almal en alles.
Compare
Explore 1 Kronieke 29:11
2
1 Kronieke 29:12
U maak mense ryk en U gee vir hulle eer, dit is Ú wat oor alles regeer. U is sterk en U kan alles doen, en dit is U wat 'n mens groot en sterk kan maak.
Explore 1 Kronieke 29:12
3
1 Kronieke 29:14
Maar wie is ek en wie is my volk wat hierdie goed vir U kan bring? Ons bring dit vir U, maar alles kom van U, en ons gee weer vir U die goed wat aan U behoort.
Explore 1 Kronieke 29:14
4
1 Kronieke 29:13
Daarom prys ons U, ons God, ons sing oor u wonderlike Naam.
Explore 1 Kronieke 29:13
5
1 Kronieke 29:10
Dawid het die Here geprys. Die hele volksvergadering het dit gehoor. Dawid het gesê: “Here, God van ons voorvader Israel, almal moet U prys, altyd en altyd.
Explore 1 Kronieke 29:10
Home
Bible
Plans
Videos