1
2 Konings 2:9
Bybel vir almal
Terwyl hulle deur die rivier geloop het, het Elia vir Elisa gesê: “Jy moet sê wat ek vir jou moet doen voordat die Here my wegneem van jou.” Elisa het geantwoord: “Ek wil asseblief ook 'n profeet wees soos jy, maar twee maal beter as ander profete.”
Compare
Explore 2 Konings 2:9
2
2 Konings 2:11
Terwyl hulle geloop en praat het, het daar skielik 'n oorlogkar en perde van vuur tussen Elia en Elisa gekom, en Elia het in 'n stormwind opgegaan in die lug.
Explore 2 Konings 2:11
3
2 Konings 2:10
Toe sê Elia: “Dit is 'n moeilike ding wat jy gevra het. As jy my sien wanneer die Here my wegneem, dan sal jy dit kry, maar as jy my nie sien nie, dan sal jy dit nie kry nie.”
Explore 2 Konings 2:10
4
2 Konings 2:14
Hy neem toe die bo-kleed en hy slaan ook op die water en sê: “Waar is die Here, die God van Elia, waar is Hy?” En toe Elisa op die water slaan, het daar 'n pad deur die rivier gekom, en Elisa het deur die rivier geloop.
Explore 2 Konings 2:14
5
2 Konings 2:12
Elisa het dit gesien, en hy het geskree: “My vader, my vader, jy was vir Israel soos 'n oorlogkar en manne op perde!” Toe Elisa nie meer vir Elia kon sien nie, het hy sy klere in twee stukke geskeur.
Explore 2 Konings 2:12
6
2 Konings 2:8
Elia het sy bo-kleed geneem en hy het dit opgerol en daarmee op die water geslaan. Toe het daar 'n pad deur die rivier gekom, en Elia en Elisa het op droë grond deur die rivier geloop.
Explore 2 Konings 2:8
7
2 Konings 2:1
Die tyd het gekom dat die Here vir Elia sou opneem na die hemel, Hy het vir Elia in 'n stormwind opgeneem. Toe Elia en Elisa uit die stad Gilgal uitgaan
Explore 2 Konings 2:1
Home
Bible
Plans
Videos