1
2 Konings 6:17
Bybel vir almal
Elisa het gebid en gevra: “Here, maak asseblief sy oë oop sodat hy kan sien.” Die Here het die oë van die jongman oopgemaak, en toe sien hy dat die berge rondom Elisa vol perde en oorlogkarre van vuur is.
Compare
Explore 2 Konings 6:17
2
2 Konings 6:16
Elisa het vir die bediende gesê: “Jy moenie bekommerd wees nie, daar is meer by ons as by hulle.”
Explore 2 Konings 6:16
3
2 Konings 6:15
Die volgende oggend het die bediende van Elisa, die man van God, vroeg opgestaan, en toe hy uitgaan, sien hy al die manne en die perde en die oorlogkarre rondom die stad. Hy het vir Elisa gesê: “Ag, Meneer, wat moet ons doen?”
Explore 2 Konings 6:15
4
2 Konings 6:18
Toe die Arameërs nader kom, het Elisa tot die Here gebid en gevra: “Here, laat hierdie mense asseblief blind word.” Die Here het gedoen wat Elisa gevra het, en die Arameërs het blind geword.
Explore 2 Konings 6:18
5
2 Konings 6:6
Die man van God het vir hom gevra: “Waar het die byl in die water geval?” Die profeet het vir Elisa die plek gewys. Elisa het 'n stuk hout afgekap en hy het dit daar in die water gegooi. En toe dryf die byl op die water.
Explore 2 Konings 6:6
6
2 Konings 6:5
Terwyl een van die profete besig was om 'n groot boom af te kap, het sy byl in die water geval. Hy het geskree en gesê: “Ag, Meneer, dit is 'n byl wat ek geleen het.”
Explore 2 Konings 6:5
7
2 Konings 6:7
Elisa het gesê: “Haal die byl uit.” Die profeet het sy hand uitgesteek en hy het die byl geneem.
Explore 2 Konings 6:7
Home
Bible
Plans
Videos