Jakob het Josef se nageslag geseën en gesê:
“My oupa Abraham en my pa Isak
het God gedien
en hulle was gehoorsaam
aan Hom.
God was ook my Herder
my hele lewe lank,
tot vandag toe.
Hy was die Engel
wat my verlos het
uit al die gevaar
waarin ek was.
Hy is die God wat die seuns
sal seën,
sodat my naam,
en ook die naam van my
voorvaders Abraham en Isak,
sal aanhou lewe.
God sal hulle seën
sodat hulle 'n groot volk
sal word in hierdie land.”